Diaconia het gedurende 2017 ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit met Nal’ibali om gemeentes te help om meer aktief by lees as deel van vroeëkindontwikkeling betrokke te raak.
Nal’ibali is ‘n nasionale en meertalige inisiatief wat daadwerklik daarop fokus om ongeletterdheid en kritiese taalontwikkeling onder kinders in samewerking met ‘n verskeidenheid vennote oor die Suid Afrikaanse landskap aan te spreek.
Die interaktiewe deel van stories en lees saam met kinders is ‘n maklike, genotvolle en sinvolle manier waarop elkeen van ons ‘n betekenisvolle verskil kan maak by kinders se verdere en voortgesette ontwikkeling ten opsigte van nie net skoolgereedheid nie, maar ook om kritiese denke neer te lê wat vir die kind ook later van waarde kan wees as tiener en jong volwassene.
Verder behels die voorgestelde leesprogram vir gemeentes ‘n maklike en ongekompliseerde manier om oor missionale grense te beweeg.
Hier is meer oor die waarde van leesgroepe en waarom gemeentes kan oorweeg om uit te reik deur middel van stories.
Kontak Rigardt le Roux (021 957 7109 of 071 485 7547) of stuur ‘n epos na [email protected] as jou gemeente ondersteuning verlang om met leesgroepe te begin.