Baie gemeentes ondersteun reeds vroeëkindontwikkeling (VKO) inisiatiewe soos informele speelgroepies of kleuterskole.

Hierdie ondersteuning is fantasties en maak ‘n groot verskil. Gemeentes wat dit reeds doen vind egter dat die standaarde in terme van stimulasie wat aangebied word, baie varieer.

Smartstart verskaf ‘n eenvoudige, gestruktureerde kurrikulum en aktiwiteite wat in ‘n speelgroepie formaat aangebied kan word. Dit is ontwerp om suksesvol gefasiliteer te word deur ‘n VKO fasiliteerder wat nie vooraf formele opleiding deurloop het nie. Smartstart verskaf opleiding aan die fasiliteerder en ondersteun ‘n proses waardeur sy gesertifiseer word om SmartStart speelgroepies te fasiliteer. As sy hierdie punt bereik beteken dit dat haar groepie in ‘n opbouende, veilige omgewing plaasvind, dat die regte toerusting gebruik word en dat sy die voorgestelde program goed volg en op hoë kwaliteit implementeer. Ideaal gesproke sal die VKO fasiliteerder(s) ‘n toelae deur die regering se Gemeenskap Werk Program verdien.

SmartStart verskaf die langdurige ondersteuning en koördinering wat benodig word deur saam met ‘n plaaslike nie-regerings organisasie (in hierdie instansie Diaconia) te werk wat verantwoordelikheid aanvaar vir die mentorskap en plaaslike bestuur van SmartStart speelgroepies binne die Sinodale gebied van die NGK Weskaap en VGK Kaapland. SmartStart is ontwerp vir dagmoeders en massa-implimentasie en is dus nie duur of moeilik om van die been te bring nie.

Lees oor Smartstart
Lees oor Nal’ibali
Nal'ibali