In verskeie plekke in die wêreld is dit geillustreer dat daar een ding is (meer as enige iets anders), wat kan lei tot: groter gelykheid tussen mense, beter onderwys en gesondheid uitkomste, ‘n sterker ekonomie, en ‘n beter samelewing met minder misdaad, openbare geweld en meer sosiale samehorigheid. Dit is: om te belê in die vroeë ontwikkeling en welstand van kinders (sien www.heckmanequation.org). Dit is baie goeie nuus want daar is eenvoudige dinge wat almal van ons kan doen om dit te ondersteun wat sal lei tot ware impak en lang termyn verandering in Suid Afrika.
Vroeë Kindontwikkeling is een van die Verenigde Nasies se ontwikkelingsdoelwitte vir 2030 en deel van die Nasionale Ontwikkelingsplan vir Suid-Afrika. Elke munisipaliteit in Suid-Afrika fokus ook op Vroeë Kindontwikkeling. Die NG Kerk en die VG Kerk het dus Vroeë Kindontwikkeling geïdentifiseer as ‘n fokus-area om armoede sistemies in vennootskap met alle rolspelers te bestry.