Talle gemeentes neem barmhartigheidsbediening na ‘n nuwe vlak – saam beveg ons ongelykheid

Die ontwikkeling van menslike potensiaal is die mees effektiewe manier om armoede, ongelykheid en werkloosheid in Suid Afrika te beveg. Vroeëkindontwikkeling is ’n sistemiese ingryping wat op die langer termyn verandering in ons land sal bring. Die NG Kerk en die VG Kerk het beide in 2015 hulself verbind tot só ’n beweging.

Little Seeds is ‘n Vroeëkinderontwikkeling-eenheid wat in 2018 tot stand gekom het deur die eenwording van VKO-programme en -dienste deur Diaconia en Badisa gelewer. Badisa is bekend vir goed gevestigde bestuur, strukture en prosesse. Diakonia het ‘n unieke toegang na gemeenskappe deur gemeentes. Die samewerking tussen hierdie organisasies verhoog toegang en maak voorsiening vir plaaslike kapasiteitsbou wat lei tot ‘n dieper impak en volhoubare verandering. Gemeentes kan aanklop vir begeleiding om plaaslike bediening by hierdie fokus te help aansluit.

Volg die skakel hieronder en maak sommer vandag nog kontak met die Little Seeds span.

Little Seeds
Little Seeds