youthinafrica2_fotor

Bewusmaking is ‘n belangrike eerste stap om meer mense en lidmate opgewonde en betrokke te kry by vroeë kindontwikkelingsprojekte. Ons stel ‘n reeks preke tot u beskikking wat ondersteunend tot hierdie doelwit is. Saam met dit kan die video: Wat sal ware verandering in Suid-Afrika bring gewys word. U kan die preke hieronder aflaai.

Skryf aan: [email protected] om ‘n hoë resolusie kopie van die video te bekom.

Tema 1: Kinders van die belofte
Tema 2: Geloof wat aanhou
Tema 3: Die Here het ons gemaak om empaties te wees
Tema 4: Die Deernis van Jesus

Dit is ook belangrik dat u met ander deel wat u doen deur u projekte – in u gemeente, maar ook met die groter gemeenskap in u area, asook die wyer  kerkgemeenskap.  So  raak meer mense betrokke en word netwerke geskep wat programme bevoordeel.  As ‘n begin, deel asseblief julle foto’s en vertel vir almal van julle projekte op ons Facebook-blad, of skryf vir ons by [email protected] sodat ons vir ander van u werk kan vertel.