Wie is Ons?
Diaconia is ‘n inisiatief van die NG Kerk en VG Kerk. Dit is hoe ons werk:
- Ons fokus op vroeëkindontwikkeling in die stryd teen armoede.
- Ons werk in vennootskappe met die Regering, nie-regerings organisasies en maatskappye waarby gemeentes kan inskakel.
- Ons ondersteun NG en VGK-gemeentes om sistemies in die stryd teen armoede in Suid-Afrika betrokke te raak.
- Ons voorsien, waar moontlik, saaikapitaal vir gemeentes se betrokkenheid by vroeëkindontwikkeling.
- Ons doen voorspraak en bemarking vir vroeëkindontwikkeling in die kerk en samelewing.
- Ons help gemeentes stap-vir-stap om by vroeëkindontwikkeling in hul gemeenskap betrokke te raak.
Ons het twee predikante en ‘n sekretaresse in voltydse diens. Ons het ook ‘n spesialis-vroeëkindontwikkelingspan van drie persone wat by die praktiese implimentering van projekte betrokke is.