Suid-Afrika spog met fantastiese nie-regerings organisasies wat hulself daarop toespits om maniere te vind om Vroeë Kindontwikkeling in die land te bevorder aangesien slegs 40% van kinders aan formele Vroeë Kindontwikkeling blootgestel word. Hierdie organisasies het verskeie kreatiewe hulpbronne ontwikkel om ouers en ander volwassenes wat met kinders werk, te ondersteun. Hier volg ‘n lys met webskakels na hierdie organisasies en van hul hulpbronne wat u nuttig sal vind:
Naam: “Talk, play and learn together (Supporting early language and literacy: A guide for ECD practitioners and parents)”
Tipe: Plakkaat
Doel: Dit verskaf ‘n opsomming waarom dit belangrik is om vanaf ‘n vroeë ouderdom met babas te gesels en te speel. Dit gee ook idees en riglyne van hoe om dit te doen.
Ontwikkel deur: Wordworks
Wordworks se webwerf verskaf verskeie hulpbronne.
Gaan kyk en volg hulle op Facebook.
Naam: “Caring for mothers, caring for you: Information, suggestions and support for mothers and their carers”
Tipe: Boekie
Doel: Dit verskaf informasie oor ‘n verkeidenheid temas wat verbandhou met swangerskap, bv: ‘n gesonde swangerskap, ‘n veilige geboorte, vaderskap, sielkundige welstand van die ma, ens.
Ontwikkel deur: Perinatal Mental Health Unit en die Wes-Kaapse Regering
Naam: “Swangerskap: Inligting vir toekomstige moeders”
Tipe: ‘n Inligtingspamflet
Doel: ‘n Pamflet met nuttige informasie wat swanger ma’s help om die veranderinge wat met swangerskap gepaardgaan beter te verstaan en hul help om voorbereid op moederskap te wees.
Ontwikkel deur: Perinatal Mental Health Unit
Kyk ook na PMHU se ander hulpbronne soos dié vir pa’s op hulle webwerf.
Naam: “Motherhood Matters Embrace Group: Curriculum overview”
Tipe: ‘n Riglyn vir fasiliteerders
Doel: Hierdie is ‘n riglyn vir enigeen wat ‘n ondersteuningsgroep vir ma’s wil begin.
Ontwikkel deur: Cape Town Embrace
Word deel van die Embrace-netwerk. Volg hulle op Facebook.
Naam: “It starts early“; “Breastmilk is Liquid Gold“; and “Let’s Play”
Tipe: Plakkate (x3)
Doel: Hierdie plakkate verskaf eenvoudige informasie en advies oor drie belangrike temas vir die “Eerste 1 000 Dae” – breinontwikkeling, borsvoeding en speel.
Ontwikkel deur: Cape Town Embrace
Naam: “Essential Handbook for Early Learning playgroup facilitators”
Tipe: Handboek
Doel: Dit verskaf basiese stappe en riglyne om ‘n speelgroepie deur middel van gestruktureerde aktiwiteite te ontwikkel.
Ontwikkel deur: SmartStart
Naam: “Ibhayi Lengane: LOVEPLAYTALK IN THE FIRST 1000 DAYS”
Tipe: ‘n Riglyn vir fasiliteerders
Doel: ‘n Omvattende riglyn vir huisbesoekprogramme. Dit is verdeel in verskillende ontwikkelingstadiums van die eerste 1 000 dae (Geboorte tot 6 maande, 6 – 12 maande en 12 – 24 maande).
Ontwikkel deur: Ilifa Labantwana, dlalanathi and LovePlayTalk
Naam: “Playful learning”
Tipe: Video
Doel: Hierdie video demonstreer wat leer deur middel van spel behels en hoe om kinders aan te moedig om deur ontdekking en probleemoplossingstegnieke te leer.
Ontwikkel deur: Results4Development
Naam: “Jou ontwikkelende baba: wat jy moet weet”
Tipe: Inligtingspamflet
Doel: Hierdie is ‘n lewenstadium hulpbron wat moeders van inligting voorsien wat hulle in staat stel om gedurende die eerste 1 000 dae goed na hul baba om te sien.
Ontwikkel deur: Cape Town Embrace
Naam: “What will bring the next real change in South Africa“?
Tipe: Omvattende webhulpbron
Doel: ‘n Webgebaseerde stel hulpbronne wat spesifieke idees, riglyne en informasie verskaf vir gebruik deur individue en klein groepies om die vroeë ontwikkeling van Suid-Afrika se kinders te ondersteun. Dit sluit onder andere in:
a) ‘n Afdeling wat verduidelik hoe ons swanger en nuwe ma’s kan ondersteun gedurende die ‘Eerste 1 000 Dae’ van haar kind se ontwikkeling
b) ‘n Afdeling wat wys hoe ons kinders kan help om ‘n liefde vir lees te ontwikkel en hoe ons hulle vroeë taalontwikkeling kan ondersteun.
c) ‘n Afdeling spesifiek gefokus op diegene wat graag ander mense in hulle gemeenskap wil motiveer en mobiliseer om die ontwikkeling en welstand van jong kinders te bevorder.
Ontwikkel deur: DG Murray Trust
Kyk ook na DGMT se hulpbronne oor lees vir plesier en hoe om jong mense te ondersteun. Volg hulle hier op Facebook.
Naam: “Reading Club Starter Pack”
Tipe: Riglyn
Doel: Riglyne wat verduidelik hoe om ‘n leesklub vir kinders in jou gemeenskap te begin.
Ontwikkel deur: Nal’ibali
Nal’ibali se webwerf is propvol hulpbronne, gaan kyk en volg hulle op Facebook.
Naam: Bookdash
Tipe: Webtuiste
Doel: Bookdash verskaf kinderboeke in Suid-Afrikaanse tale wat afgelaai en gedruk kan word.
Ontwikkel deur: Bookdash
Naam: ELRU Open Source Portal
Tipe: Webwerf
Doel: ELRU verskaf hulpbronne vir vroeë kindontwikkeling in Suid-Afrika. Gaan kyk na hulle “open source portal” vir ‘n verskeidenheid hulpbronne wat gratis beskikbaar is.
Ontwikkel deur: ELRU