RAMPGEBEURE IS UNIEK
Enkele rampe wat die afgelope 50 jaar in die Wes-Kaap uitgespeel het, was die aardbewing in Ceres (1969); die Laingsburg-vloed (1981); die polities gedrewe menseslagting in Worcester (1996); die meer onlangse Suid-Kaap brande (2017) wat ons gemeentes in Knysna, Sedgefield, Karatara en Plettenbergbaai intens geraak het, die ontvouende droogte in die Wes-Kaap en die waterkrisis van 2018.
Die kerk het ‘n baie unieke rol wat ons kan en behoort te speel, nié net in ondersteuning tydens ‘n ramp nie, maar ook pro-aktief in rentmeesterskap van die skepping.
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou (Elsenburg) het tussen 2014-2016 ‘n indringende studie onderneem wat die risiko van klimaatsverandering as volg uitwys:
- ‘n Drastiese afname in reënval
- Toename in ekstreme weerpatrone
- Toename in droogtetoestande
- Versteuring van ekosisteme
- Hoër gemiddelde tempterature
- Minder laer temperature
- Toename in storms en vloede
- Verhoogde brandgevaar
As ons weet van hierdie risiko’s, hoe leef ons voorkomend? Hoe berei ons onsself voor om diensbare gestuurdes te wees in uitdagende tye?
Die Sinodale Rampstrategie help met hierdie uitdagings. Lees hier.
FONDS AANSOEKE
Gemeentes kan ten tye van rampgebeure aansoek doen om finansiële hulp uit die sinodale rampfonds. Hierdie fondse kan aangewend word om die pastorale betrokkenheid van gemeentes in hulle gemeenskappe te sterk. Doen navraag oor die rampfonds by [email protected].
ELKE BYDRAE HELP
Enige finansiële bydraes tot die Ramphulpfonds word met groot oordeelkundigheid en deur gemeentes wat deur watter rampgebeure ookal geraak word, geadministreer en aangewend. Bydraes tot die fonds kan deur ‘n direkte deposito gemaak word.
Diaconia
Nedbank
Rek nr 1135900337
Takkode 198765
Verwysing:
Naam van individu/gemeente + RAMPFONDS
STORIES
Tydens die Suid Kaap brande (2017) het ‘n aantal lidmate van die NG Gemeentes Knysna, Brenton On Sea en Plettenbergbaai hul ervarings gedeel.