SAAMDINK OOR DIE INRIG VAN BARMHARTIGHEIDSMAAND

  • Woon die SAAMDINK OOR BARMHARTIGHEID werkswinkel van 16-18 Augustus 2022 by NG Stellenberg saam met ’n paar bedieningsleiers by.

  • Identifiseer preektemas oor BARMHARTIGHEID uit die twee videos. Berei as ringskollegas saam voor aan preke.

  • Kyk die videos saam as ’n bedieningsgroep in die gemeente en bespreek.

  • Stel die videos beskikbaar aan kleingroepie en vra hulle om daarop te reflekteer. Versoek ‘terugvoering’ (insigte waartoe hulle gekom het in die gesprekke).

  • Vra gemeentelede om met hernude aandag en sensitiwiteit in hierdie maand na die omgewing waar hulle elke dag leef en werk te kyk. Laat gemeentelede “Nood wat ek raaksien” WhatsApp boodskappe na die kerkkantoor of leraar stuur en plaas dit (anoniem) op die gemeente se gebedslys die maand.

  • Versoek gemeentelede om in die maand spesifiek te bid en die Here te vra om sake op die hart te lê waar die Here julle as gemeente in jul onmiddellike omgewing wil gebruik. Laat die sake êrens aangemeld word. Neem dit in ’n geloofsonderskeidingsproses oor die volgende paar weke en ontdek dalk plekke waar die Here julle wil neem.

  • Laat gemeentelede in die maand getuienisse deel waar hulle die goedheid en trou van God in en deur mense ervaar het (aan die ontvangkant gestaan het).

  • Doen moeite om uit te vind wat Sinodaal rondom barmhartigheid gebeur. Deel nuusbrokkies tydens eredienste.

  • Nooi besoekers van Badisa programme in julle omgewing om die maand tydens eredienste te kom vertel van hulle werk.

  • Reik uit na Badisa programme (of ander welsynsorganisasies in jul omgewing) in die maand – gaan besoek die personeel en bedank hulle vir hulle daaglikse toewyding in die werk wat hulle doen.

Verantwoordelike Vernuwing Handleiding
Koinonia en diakonia as ‘n missionale koninkryksdans

VIDEOS